Van Coke Kartel - Dankie, Ek is Veilig Hier lyrics

Published

0 277 0

Van Coke Kartel - Dankie, Ek is Veilig Hier lyrics

Kom ons staan opsy En wag vir ons fortuin Terwyl ons opgaar en onsself ooreet aan die wrede verdienste vir niemand anders nie, Los die kruis buite op die sypaadjie Dankie ek's veilig hier Loop skelm, loop die pad is swaar en ek het klaar my kleingeld weggegee My siel verplaas in die atmosfeer Bly leef, want jou dood sal ek nooit verwerk nie, Al is daar hoop, is dit nie sonder harde werk nie Kom ons staan opsy En wag vir ons fortuin Terwyl ons opgaar en onsself ooreet aan die wrede verdienste vir niemand anders nie, Los jou kruis buite op die sypaadjie Dankie ek's veilig hier Vind skuiling onder die brug, die nag is swaar en ek het klaar my ou klere gedeponeer; my brein verruil vir navorsing. As ons saam sal brand, Maak dit saak wie die meeste hier op aarde het Hoeveel moet ek spandeer? Hoeveel moet ek spandeer? Kom ons staan opsy En wag vir ons fortuin Terwyl ons opgaar en onsself ooreet aan die wrede verdienste vir niemand anders nie, Los die kruis buite op die sypaadjie Dankie ek's veilig hier Maar ek het nog niks hieruit geleer nie, Dankie ek's veilig hier Ouer is nou gelyk aan dommer. Dankie ek's veilig hier. Kom ons staan opsy En wag vir ons fortuin.