Piet Botha - Skielik Somer lyrics

Published

0 77 0

Piet Botha - Skielik Somer lyrics

Mallemeule, tiekiedraai Wiele rol hane kraai Myle flits verby, 'n rolprent Wat te vinnig draai Wele weg in Niemandsland Vreemde stede, vreemde aarde Vêr van jou engel Naby jou skade Vriende het jy baie Nuwes elke dag Maar jy gaan slaap alleen in die nag Wakker word, dis net nog 'n hotel Bin Laden op die TV dit voel soos die hel Daar's so baie paaie wat die pelgrim moet loop Om by die Poorte uit te kom Baie van hulle is vol draaie en met dorings besaai Maar die een wat so blink, my kind Draai liewers om Struisbaai, Herman*s die Paarl en die Strand Elke aand 'n ander kleur speel hom aan die brand Die lang man sê dis weer tyd om te ry Ek wil nog slaap, wil nog wegkruip Elke dag se bede , wanneer sien ek jou weer My riviere is swart , dis nie water nie dis teer En die Dier gee nie om of hy loop of ry En hy hou jou dop en hy wil jou kry Ek kry 'n foto van jou in my tas Jy het altyd gelag as jy sê ek is 'n dromer En toe ek aan jou dink Toe word dit somer Skielik…toe word dit somer As ek wegkom uit Nantes dan kom ek jou haal Hoe het ek al weer so vêr verdwaal Die sonde keil my op En die dier hou my dop En almal praat in vreemde tale Toe ons oor die Stormsrivierbrug ry Toe wens ek jy was by my Stadig val die nag In die kroeë hoor ek die mense lag Ek kry 'n foto van jou ….