Nicholis Louw - Net Vir My lyrics

Published

0 323 0

Nicholis Louw - Net Vir My lyrics

Swaar moes U heeldag dra Aan U 'n kruis gegee U't nooit gekla of vra Wat sal verligting gee Die doringkroon gedra Die skare tart en skree Verdra dit tree vir tree Gekreun en meegegee Steeds moes U verder dra Niemand het omgegee U't hul vergewe ja Al het U niks oortree Sou hul die vrees gewaar Toe spykers deur U breek Die plek is Golgota Waar U die laaste woorde skree Ek loof U naam o Heer Die lyding en die seer Wat U moes deurmaak Vir my Ek buig nou voor U neer En bring U alle eer Want U het gesterf Net vir my U het weer opgestaan U het die dood oorwin Na die hemel opgevaar Waar engelkore sing Die lyding is verby U het my plek berei Om vir altyd te bly Daar is 'n plek langs U vir my