Nicholis Louw - Ek's Nog Hier lyrics

Published

0 359 0

Nicholis Louw - Ek's Nog Hier lyrics

Waar ek is kry ons nie koud nie al is dit winter hier by jou En dinge wat op aarde vergaan het is dinge wat vir altyd hou Hoe dit gebeur het maak nie saak nie dis verby en als is reg En tussen ons is als vergewe want die sondaar is nou weg En my hart behoort vir altyd net aan jou Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat Babe jy huil want jy verstaan nie jy dink alles is verby Maar ek's nie in 'n kis in die grond nie en Liewe Jesus sorg vir my Hoe dit gebeur het maak nie saak nie ek's jou engel ek kyk na jou Hier waar ek is is geen trane nie net die trane wat ek huil oor jou Sien my hart behoort nog altyd net aan jou Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat Jy verstaan nie hoe dit voel nie Om hier voor jou te kan staan Maar ek mag nie met jou praat nie Want ek praat nou 'n ander taal... Probeer verstaan Want my hart behoort nog altyd net aan jou Sou jy verstaan as ek jou sê of dit verduidelik Sou jy kon keer wat met my gebeur het as jy by was Sou dit die trane op jou wang dalk net kon wegvat