Lukraaketaar - Pa**ievol lyrics

Published

0 126 0

Lukraaketaar - Pa**ievol lyrics

Lukraaketaar: Pa**ievol Want wie't gesê jy mag aan jouself dink? Wie't gesê jy mag kies om sonder voorbehoud te leef? Gee my net iets betekenisvol Ek sal dit doen sonder om te twyfel Ek sal my siel aan die brand slaan Jy mag dalk dink wat jy doen is sinvol Nooit jou eie geluk betwyfel Waarheen gaan ons as ons doodgaan? Niks wat jy sê sal ooit saak maak nie En niks wat jy doen sal ooit onthou word nie Niks wat jy koop sal jou gelukkig maak nie Hoe kan jy dink jy's nie hier vir 'n rede nie? Ladadaa Ladadaa daa Onderstebo, onder die maan My kop voel so deurmekaar vanaand Sonder woorde Waarvandaan kom geluk en Hoekom doen ek nie iets waarvan ek hou nie? Waarvan ek hou nie? Skop dan grond oor daai kis Bly net elke dag weg van die lig En die wete Niks wat jy sê sal ooit saak maak nie En niks wat jy doen sal ooit onthou word nie Niks wat jy koop sal jou gelukkig maak nie Waarheen gaan ons as ons doodgaan? Waarheen gaan ons as ons doodgaan? Waarheen gaan ons as ons doodgaan? Gee my net iets betekenisvol Ek sal dit doen sonder om te twyfel Ek sal my siel aan die brand slaan Jy mag dalk dink wat jy doen is sinvol Nooit jou eie geluk betwyfel Onderstebo, onder die maan My kop voel nog deurmekaar vanaand Sonder woorde Waarvandaan kom geluk en Hoekom doen ek nogsteeds nie iets waarvan ek hou nie? Waarvan ek hou nie? So ek's nou net ‘n monument Opgerig om te herdenk, pa**ievol Vergeet van my!