Lukraaketaar - Om Te Kan lyrics

Published

0 225 0

Lukraaketaar - Om Te Kan lyrics

Goeiemôre, en die dwelms skree nog "fopgenade" Hierdie snare resoneer my gedagtes nie meer En net die wysheid wat in my vries 'n Skare sonder monde, net geheueverlies Ladaa (laa) Lada-doedaa Ladaa Ladadoedaa (hoeha-hoehoeha-hoehaa) Niks soos om aan haar nek te ruik En vir 'n oomblik jou en alles om jou se bestaan te vergeet en vry wees Die onafwendbare vrees, vry (vry) wees Sonder mislukte idees, vry om meer te kan Obsene strewe na waarheid en liefde en waarheen gaan jy waarheen gaan jy Obsene strewe na waarheid en liefde en Waarheen gaan jy in die oggende? En die dwelms fungeer jou are Die stilte sluk hard aan die niksheid, die niksheid Wat geraas uitdeel, maar meestal verstik aan die bitter pil van 'n vol bar Obsene strewe na waarheid en liefde en waarheen gaan jy waarheen gaan jy Obsene strewe na waarheid en liefde en Waarheen gaan jy volgende? Met die wysheid wat in my vries Skare sonder monde, net geheueverlies Maar daar's niks soos om aan haar nek te ruik En vir 'n oomblik jou en alles om jou se bestaan te vergeet en vry wees Die onafwendbare vrees, vry (vry) wees Sonder mislukte idees, vry (vry) wees Niks soos om aan haar nek te ruik En vir 'n oomblik jou en alles om jou se bestaan te vergeet