Liza Bronner - Vir Eens Is Dit Net Ek lyrics

Published

0 118 0

Liza Bronner - Vir Eens Is Dit Net Ek lyrics

Ek het gedink as ek jou hart wou wen, moet ek harder probeer. En ek het gedink voor jy my lief sou hê, moet ek berge versit. Maar jy's nog altyd hier, nog altyd hier, hier naby my! Want ek sien jou, ek voel jou, ek weet jy's by my, ek wag al so lank om jou teen my te kry, ek streel oor jou hare, kyk in jou oë, en besef! Jy's bedoel vir my! Ek was te bang om my oë oop te maak, toe jy by my kom staan. Jou asem was sag, toe jou lippe my raak, toe jy sê - nou's ons saam. Want jy's nog altyd hier, nog altyd hier, hier naby my! Want ek sien jou, ek voel jou, ek weet jy's by my, ek wag al so lank om jou teen my te kry, ek streel oor jou hare, kyk in jou oë, en besef! Jy's bedoel vir my! Ek is gemaak om net jou te bemin, soos 'n engel sy vlerke, om jou te bind, sal ek aanhou om altyd, vir jou lief te wees, want ek weet, jy is hier by my! Hier by my! Ek sien jou, ek voel jou, ek weet jy's by my, ek wag al so lank om jou teen my te kry, ek streel oor jou hare, kyk in jou oë, en besef! Jy's bedoel vir my! Jy is hier by my, Jy is hier by my!