Koos Kombuis - Lady Van Die Bo Dorp lyrics

Published

0 136 0

Koos Kombuis - Lady Van Die Bo Dorp lyrics

Ek kuier in jou voorhuis tussen mikrogolwe se gesuis Jou pa rook pyp, jou ma is kuis and each status symbol's in it's place Julle kennis en kultuur, die wys in elke meubelstuk se prys Jou broer studeer nou in Parys, jou ouma maak groentesop en vleis Die bediende is 'n mental case in die nuut her-ontwerpte hout kombuis Ek het jou op Koelbaai ontmoet met "Frankie goes to Hollywood' Met ons eerste soen was ek vol moed, al was my klere vol stof en roet Van Langstraat, Hillbrow en Goodwood, daar was olie vlekke op my hoed En my hande was vreemd en benoud op jou sagte lyf, jou asem soet Jou aksent en jou mooimaak goed, teen al die ander was jy tog te cute Koortjie: Jy's my Lady van die Bodorp, jy verstaan My Lady van die Bodorp na wie ek snags kan gaan Jy's my quality en cla**, jy maak liefde sonder om te raas Ek maak nooit weer 'n ander pa** Toe het ek julle buurt leer ken, almal was mal of into Zen Ge-patchde T-Shirts, jeans, Hang-Ten, in elke sweater sak 'n blink vulpen Almal smile so vriendelik en vra my wie's nou sonder pen Nou's ek nimmer meer alleen, want ek weet ek het jou hart gewen Hulle ken van Cla**ics en Jacques Brel, hulle weet hoe om Bordeaux te spel Hulle lees boeke soos "Een vir Azazel', en gesels oor SAR se private hell Hulle is vriendelik as jy hulle bel om jou al die nuutstes te vertel Van so en so se "kiss, don't tell', jou paspoort is jou ryk, wit vel Selfs die proffessore is jou pêl, dis so anders as in Brackenfell Koortjie Daar is baie ander net soos jy, wat met hulle Japanese tape-decks ry Wat partytjies hou en warm vry op champagne breakfasts en Cabernet En almal gaan ryk erf soos jy, elkeen dra tekkies en 'n oorhang trui Hulle gesprekke gaan oor fuifery, wind surfers, sauna's en perdry Hulle doen kursusse in pottebakkery, en ken die werk van Claude Monet My Lady van die Bodorp, dit promise ek vir jou, Solank jy straight bly, sal ek altyd van jou hou My liefde sal jy nooit berou, ek sou al gewaai het as ek wou Maar ek is moeg van swart en blou, ek kom nog onlangs uit die kou Met ja**akke wat toppers binne hou, hoe kan ek weggaan, selfs al sou so iets gebeur? Laters of nou, wie anders kan ek in my hart vashou? Koortjie