Jack Parow - Veilig lyrics

Published

0 409 0

Jack Parow - Veilig lyrics

[Verse 1] Ek is al vir dae lank verlore in 'n wilde wildernis Ek is by 'n landsdienskamp vasgevang in die hindernis Die voete van die verlede hardloop kort op my hakskene En die boelies van my skooldae lag vir my bakbene Dink oor my dade onder die arms van 'n maroelaboom Sit en skrop-skrop verniet en maak my skoene skoon Hoekom wil jy wegstap van die bakleiery teen angs As die see nog propvol is en jy visse steeds kan vang? Kos loop my bord oor en lê op die tafeldoek en vrot En die liggies van die stede trek my soos kerse vir 'n mot Die taalkundiges bespreek, bespiegel steeds my woord Maar ek sal baklei, tong en vuiste vir dit waarin ek glo Ek sal antwoord op jou roepstem ek sal offer wat jy vra Ek sal oorkom na jou voorstoep en jou groceries indra In jou wil en werk en wandel van jou wieg tot in jou graf As jy bibber in jou bed wanneer die honde buite blaf In die songloed van hou somer, in jou winternag se kou Sal ek kom lê onder jou kombersie, en jou styf vas kom hou By die klink van huw'liksklokkies, by die kluit-klap op die kis Streel my stem jou nooit verniet nie, by my sal jy kan rus [Chorus] Jy's nooit aleen nie By my sal kry jy nooit weer seer nie Jy's veilig, so baby bly vir altyd myne [Verse 2] Ek's klaar gevlug van my probleme in die glas se rand Ek het klaar al my slange in die gras verbrand Ek's klaar gesoek na wat geld blykbaar sal bring Ek is klaar aan die einde van 'n nuwe begin Mis meer mense as wat ek al ooit kon geken het Al baie meer verloor as wat ek al ooit gewen het Die trane van die verlede het in 'n dam verdwyn Daar het te veel duiwels onder in my glas verskyn Op soek na die roet het ek myself verloor Op soek na lig het ek myself versmoor Afgelok van die pad deur 'n heks se kind Gewys na my graf deur 'n Lexington Die swart van die nag in my hart gebring Die vers vir die dood in my hart gesing Gestaan in die lig en die donker gemis Klaar al my spoke in die stad laat rus Stof op my skoene van te veel verdwaal Klaar al my dues aan die duiwel betaal Maar jy't gekom en my gelei en my weg gevat So nou's ek terug in die lig en op die regte pad [Chorus] (Last measure sung by Jack)