Jack Parow - Welkom Terug lyrics

Published

0 401 0

Jack Parow - Welkom Terug lyrics

Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis Was dit alleen daar? Was daar kleur daar? Of was dit swart en wit Was dit, ongeskik Was dit alleen daar? Was daar kleur daar? Dankie Here dat u opgetel het Amal het doodgedruk Eks alleen, dis middernag En almal is ongeskik Dis donker en die donderweer slaan Dit reën alweer vannag Ek het bietjie vêr gestap Opsoek na bietjie krag Aan die diepkant van die swembad Is ek opsoek na bietjie lug Ek probeer oorstap maar daars gate in my brug Ek verloor alweer 'n klein-klein stukkie van my hart As ek keer op keer totsiens sê En strukkies bind om smart Maar daars pyn diep daar onder Onder al my sk**e En daars wyn vir wegsteek en sakkies vol van pille So ek sit maar trug en nog vat 'n slukkie vir die pyn Want waar ek waak in die naglug sal die pyn gou verdwyn Dis skemer in my woorde en middernag in my vers Ek dans saam met spoke om die flikkers van 'n kers In 'n modderdam vol onssin sit 'n seun en skep nog pap Sonsondergange wat iets werd is vat 'n tydjie om na te stap Daars pyle in my boog en vele vere in my hoed Maar die seile van my sielskip Is deur gewere bebloed Daar is stof op die horison en klippe in die pad Maar as ek stop en soek vir water Sal dit dalk verby my stap Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis Was dit alleen daar? Was daar kleur daar? Of was dit swart en wit Was dit, ongeskik Was dit alleen daar? Was daar kleur daar? Ek is bleikbaar klaar verlos deur drippels op my kop Maar my hande voel gebonde en ek sukkel om te stop Die kooltjies van my entjies verbrand klaar my tyd En die voëltjies by my venster het al lankal ophou fluit My klere is in bondels en daars niemand wat wil stryk En die duiwel op my grondpad dra 'n blond gedyede pruik Haar vingernaels is skerp en bloedrooi mooi gepaint En haar hande wat soos slange lyk het my lankal klaar gegryp Die meisie met die vlekke en stories oor ou smart My weg laat kryp en neergegooi met snye in my hart Ek was verkeerd gewees ek weet wit-leuntjies is nie reg nie Maar ek het voort gebeur aangehou geen meer washouplek nie Ons leer mos so raak groot probeer ons net ons bes En in die asbakkies van verkeerde keuses leer ons mos ons les Daar is pyn in elke oogwink en stories in elke kreukel Daar verskyn altyd duiwels in elke kombers wat ek heukel Daar verdwyn nog gedagtes met elke trekjie van 'n stok Verduidelik altyd verder as iemand wil kom klop Op die voorstoep van verlede is daar koffie aan die brou In die voorskote van tannies is daar Wilson toffies net vir jou Maar draai sal hulle draai en voor lank is jy ook oud Wat jy saai sal jy maai en die donkerte is koud Eks gesit op hierdie kersboom om die land 'n wenk te gee Daar is al lankal nie meer tyd nie so hou op om om te gee Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis Was dit alleen daar? Was daar kleur daar? Of was dit swart en wit Was dit, ongeskik Was dit alleen daar? Was daar kleur daar? Hey daar welkom terug ons het jou lank genoeg gemis Was dit alleen daar? Was daar kleur daar? Of was dit swart en wit Was dit, ongeskik Was dit alleen daar? Was daar kleur daar?