Grootstad met jou mensgemaakte ritme Jy spog met maanlig neonligte ‘n Spuitfontein langs krom verdorde bome ‘n Toringhuis vol vergruisde drome Grootstad met jou rookverwaaide uitsig Jy't my menswees ontwrig En om net by jou te kan bybly Versnel my hartklop net soos jy soos jy Ek wil wegglip uit jou greep uit En ver van jou lawaai af Maar jou ruimte-eeu-ekstase Keer my aan om elke draai Grootstad met jou aangeplakte aansig Gaan jy ooit die sluier weer laat oplig Ons vertel hoe jy die pas kan volhou Terwyl jy steeds jou rykdom aanhou uitbou Grootstad ek word al meer nes jy Te maklik om die bos gelei Ongemerk word ek jou besit Strompel ek ook maar in gelid Ek wil wegglip uit jou greep uit En ver van jou lawaai af Maar jou ruimte-eeu-ekstase Keer my aan om elke draai Grootstad met jou aangeplakte aansig Gaan jy ooit die sluier weer laat oplig Ons vertel hoe jy die pas kan volhou Terwyl jy steeds jou rykdom aanhou uitbou Grootstad ek word al meer nes jy Te maklik om die bos gelei Ongemerk word ek jou besit Strompel ek ook maar in gelid