Ek het my vrees oorwin en uitgewyk Na ‘n wêreld wat half lyk Asof jy jou maklik daarin kan verloor As jy alles glo wat jy hoor Oos van Gibraltar loop ek vas In die man wat homself met illusies belas En ten spyte van sy stokou poon Als wat voorkom wil onttroon Sy donker oë het gelag toe hy eenkant wag Tot ek uit die stof opstaan Ek het ‘n donkie geleen en is agter hom aan Om sy dade te probeer verstaan Don Quixote die mense sê jou sleg Maar jy's net jou verbeelding se troue kneg Don Quixote jy dryf jou spoke weg En jy's reg, so reg Maar as jy onraad merk dan storm jy voort Na die slagveld soos dit hoort Ek's verstom en deur jou dade bekoor Tot ek besef jy't alweer verloor Maar wat jy altyd sal behou Is om alles as moontlik te beskou - Selfs ‘n windmeul tot geveg te daag Sonder die wete dat jy selde slaag Jou donker oë het gelag terwyl jy regop wag Om tot ridder geslaan te word En al sê almal die werklikheid het jou verslaan Dink ek jy't dit tog verstaan Don Quixote die mense sê jou sleg Maar jy's net jou verbeelding se troue kneg Don Quixote jy dryf jou spoke weg En jy's reg, so reg En jy's reg, so reg