Daar's skimme, op donker balkonne, Met lëe, oop koffers wat wag Daar's skimme, op skemer perronne, Wat wag op 'n trein na die dag Weerlose, weerlose mense Op reis van perron na perron In 'n middernagland Sonder grense of tyd En 'n ewigheid ver van die son, van die son En 'n ewigheid ver van die son Daar's skimme, gewikkel in ja**e Verskans teen die winde van ys Daar's skimme, met kiste soos ta**e, Vol drome gepak vir die reis Weerlose, weerlose mense Op reis van perron na perron In 'n middernagland Sonder grense of tyd En 'n ewigheid ver van die son, van die son En 'n ewigheid ver van die son