'n Winter herhaal hom Na ses, sewe jaar 'n Wysie wat spook Op 'n stokoue snaar Jy probeer dit verduidelik Probeer dit besweer En jy dink jy verstaan dit: Wel, die dinge gebeur Die wind van die berg af Laat die dakplate kreun Vieruur in die môre In die triestige reën So maak ons liefde So leef ons weer En dan neem ons afskeid Tot die volgende keer Dai da da da dai… Ek wens ek was by jou Daar waar jy nou bly Maar nou ja, jy's so ver En die tyd vlieg verby Vertel my van liefde Ek leer soos 'n kind Want my hart is deur die jare Se kalklig verblind Dai da da da dai… Soms so onseker Soms selfvoldaan Liefde weet beter Die hart sal verstaan Dai da da da dai… x 2