In ons lewens verskyn daar van tyd tot tyd dinge soos donkies en diewe En narre en besems en die liefde My oom is nie seker van die diewe nie, maar hy weet die donkie kom van Nieu-Bethesda af My tannie sê die liefde, die liefde kom van die Here af Hulle wys vir my die kruis op die esel se skouers en rug Hulle sê hulle dink dit staan so, ja dit staan so in die Skrif En die skare in Jerusalem sing en skreeu hoera! En my oom sê kyk die donkie het die Here ingedra Maar hoe weet hy of hy kom of gaan Met sulke groot oogklappe aan? En waarheen is hy nou op pad? Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af Die liefde laat ons lag, die liefde laat ons sing My oom sing van die donkie – dis 'n wonderlike ding Maar ek moet tog versigtig wees sê hy dat dit my nie seer maak nie Ek sê ek weet nie of hulle oor die liefde of oor die donkie praat nie My tannie kyk eers boontoe en daarna kyk sy af Kyk, van 'n donkie kan jy altyd 'n skop of twee verwag En die donkie dra wel oogklappe maar die liefde nie Verder is daar nie eintlik 'n verskil nie My oom gryp 'n besem en 'n donker bril en daar vlak voor ons oë op die kombuisvloer Dans hy die dans van 'n donkie wat oor die heining loer My tannie sing o die donkie, o die donkie is 'n wonderlike ding Veral hy wat kan dans, veral hy wat kan sing Maar hoe weet hy of hy kom of gaan Met sulke groot oogklappe aan? En waarheen is hy nou op pad? Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af Hulle boer nog daar op Dwarsbult, ver in die ou Karoo En my tannie dra nog steeds daardie bril met 'n onder en 'n bo My oom sing nie meer so veel soos vantevore nie Hy't ook lanklaas gedans – daar's glo iets fout met sy knie Ek hoop ek het nou alles gedek – dis nou die donkie en die diewe En Jerusalem en die besem en die sirkus en die donker bril en die hanswors en natuurlik die liefde Soos ek genoem het, is ons nie seker hoe die diewe dinge reël nie Want tot dusver het niemand nog my hart gesteel nie Wat die liefde betref, as ek van die sirkuslewe hou Kan ek mos altyd met 'n hanswors of met 'n donkie trou In elk geval, dit is dan die storie van my oom en my tannie En al die ander mense wat wil dans maar nie kan nie Maar hoe weet hy of hy kom of gaan Met sulke groot oogklappe aan? En waarheen is hy nou op pad? Weet net hy kom van Nieu-Bethesda af