Laurika Rauch - Karoonag lyrics

Published

0 175 0

Laurika Rauch - Karoonag lyrics

As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld En die diereriem sy blink tot teen die Skerpioen laat lê As die Tweeling en die Kreef Kotteljons oor Beaufort-Wes En die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet Refrein: Ruik jy katbos en kambro As dit reën in die Kleinkaroo My hantamwind My optelkind Vanaand (x2) In die môre as dit blou word En die amber wolke roer As die son sy eerste lig Oor die bitterboela stoot As die trein by Noupoort fluit En dit wegraak in die wind En 'n tolbos iewers vaswaai teen die rant Refrein (x2)