Laurika Rauch - My Hart Is 'n Bok lyrics

Published

0 131 0

Laurika Rauch - My Hart Is 'n Bok lyrics

Fors gestalte wat hoog bo my uittroon Gitswart hare en oë hemelblou By hom sal ek 'n ewigheid kan woon Hy't die seer van die lewe trotseer en sy mensheid behou Hy sal veel eerder gee as om te neem Hy doen dit omdat dit hom vreugde bring Met hom vlak by my voel ek nooit alleen Ek het geen verweer teen die liefde wat my hart binnedring Refrein: En my hart is 'n bok wat teen my ribbes spring My bloed 'n borrelende rivier wat deur my are bruis Daar's salige gevaar hier in die arms wat my omkring Want die liefde dreig om my te vergruis Nooit sal ek sê vervulling ken ek nie Dit sal die leuen van alle leuens wees Die liefde is die mag wat my gebied Dis die soet op my tong en die vrede diep in my gees Refrein x 2 Daar's salige gevaar hier in die arms wat my omkring Want die liefde dreig om my te vergruis X 2