Ek wens ek was ‘n nagtegaal Sou jy dit in my lied kon hoor Die klanke van ‘n liefdeslied Wat harte so bekoor Ek wens ek was die oggenduur Met die voëls wat helder fluit En na die son se opkoms tuur Sing my liefdeswoorde uit Maar ek's maar net die woorde In my lied Die klanke op papier Die traan in my verdriet Maar ek's maar net die luide simbaal En net die woorde In my verhaal Oe… Ek wens ek was die oggendson Jy die water in die stroom Sou ek al jou druppels neem En nooit van jou vervreem Ek wens ek was die awendster En jy die groot woestyn Sou ek jou elke duim verlig Met strale soos vonkelwyn Maar ek's maar net die woorde In my lied Die klanke op papier Die traan in my verdriet Maar ek's maar net die luide simbaal En net die woorde In my verhaal Oe… Maar ek's maar net die Luide simbaal en net die woorde In my verhaal Oe…