Geskryf in opdrag van Laurika Rauch op Gordonsbaai strand My bootjie was ver en verdwaal In rowwe see sonder tyding of taal My hart was gestrand, ek was verdwaal in die sand Soos 'n perd sonder saal Ek was platsak en kop-onderstebo Te voet deur die dorre Karoo Maar toe jy iewers hoor ek het alles verloor Het jy my kom haal Oral dra ek die vrees met my saam Was altyd oorhaastig of skaam Ek kon skaars begin om 'n mens te bemin Dan was alles verby Soveel verwyte moes ek al verduur Soveel keer met my rug teen die muur Maar wat ook al die vraag of waarheen ek ook al jaag Die antwoord is jy Refrein: Waar ek ook al ry is daar net een soos jy Waar ek ook al ry, ry Waar ek ook al ry, ry Waar ek ook al ry Is daar net een soos jy Nou woon ons in 'n kamer van glas En ek onthou nog die hartseer wat was Daardie bittere tyd daardie koue wat byt Onherbergsaam en kaal Elke lyf soek 'n skuiling teen pyn Net 'n tafel gedek met liefde en wyn In die hart van die wind in elke storm, daar vind Jy 'n sprokiesverhaal Refrein Brug: So sal ek jou onthou Op hierdie eerste dag van die somer, o-o-ou Met jou hande op die dashboard saamgevou So sal ek jou onthou Op hierdie eerste dag van die somer, o-o-ou Wys jy vir my die drome in jou atlas En die plekke waarvan jy so hou Refrein: Waar ek ook al ry, ry Waar ek ook al ry, ry Waar ek ook al ry Is daar net een soos jy En selfs al roep daardie einder my weer Of die rooimiere jeuk en ek wil weer probeer Om ander stede te sien, nuwe keisers te dien In ander velde te wei Dan vat ek jou saam met my heen Want van nou af reis ek nimmer ooit meer alleen Ja, ons padkaart is state of the art En ons vat wat ons kry Koor x 2