Laurika Rauch - Lisa se klavier lyrics

Published

0 294 0

Laurika Rauch - Lisa se klavier lyrics

Ek het 'n vriendin Ver by die blou see Teen die hang van Tafelberg As die son sak Speel sy die mooiste melodiee... Haar vingers ken die pad opgesluit in wit en swart Die klavier se grootste vreugde, hartseer en verlange Verstaan die hart se diepste smart Ja die hele wereld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van Lisa se klavier Ja die hele wereld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van Lisa se klavier... Lisa kan nie ophou as sy eers begin het nie Sy laat my nooit huistoe loop of afskeid neem Voor my laaste sigaret nie Ek staan op haar balkon en drink haar appelkoostee En kyk na Kaapstad in die nag Die liggies, en die swart swart see Ja die hele wereld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van Lisa se klavier Ja die hele wereld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van Lisa se klavier... En onder op die sypaadjie sien ek die Bergie en sy maat Wat staan en opkyk ver na bo Vanuit die vullis Van Oranjestraat Hulle ken al lank die klanke Wat uit haar woonstel stroom Lank na twaalf met die deure oop Al moan die bure ookal hoe Word Lisa elke boemelaar se droom Ja die hele wereld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van Lisa se klavier Ja die hele wereld word stil En luister in die donker uur Na die naggeluide Van Lisa se klavier...