VERSE 1: As die wêreld in my hart kom lê En sy spoke alles in my oor kom sê As my liefde soos die reën verdwyn En alles wat ek glo is in ‘n bottle wyn As die laaste druppels van my siel oorbly As ek doelloos sonder rigting in die stad rond ry As die nag se paaie my oral lei As ek tot die son weer opkom by die “party†bly CHORUS: Los my vanaand, Hierdie wêreld vol van haat is nie vir my Los my vanaand, Hierdie wêreld vol van haat is nie vir my VERS 2: As ek koud kry op ‘n warm somersdag As ek sonder dat ek vra om vergifnis wag As ek aanhou alles drink en ek bly net dors Soveel van my jeug het ek klaar gemors As die wêreld se tronk my agter tralies hou As ek oral om my mure en hoë heinings bou As ek nagte wakker lê sonder om te slaap As die invloed van die wêreld my net weg kom raap CHORUS: Los my vanaand, Hierdie wêreld vol van haat is nie vir my Los my vanaand, Hierdie wêreld vol van haat is nie vir my BRIDGE (Rap Gedeelte) Nog ‘n Rap wat vreugde vier, met Jak de Priester agter die klavier ‘n liedjie raak ‘n rap wat die siel opnuut laat besef daar’s meer as net verdriet Daar is meer as al hierdie goed in die wêreld wat ons net wil seermaak en ons lewens wil verwoes met die goed wat ons in ons aar wil opskiet Hulle sê dit help met die pyn, hulle sê dit verdwyn saam met die lym, maar sonder dat jy weet is dit dÃt wat jou Drain en voordat jy dit kan keer het die liefde in jou lewe saam dit verdwyn. Jy besef dis ‘n leuen met al die pyn en niemand kan jou help nie, niemand stel belang nie, maar dis ‘n leuen en hy’s altyd daar om sy hand te leen. VERSE 3: As ek myself weer kan vind met baie liefde in my hart As ek myself weer kan vind sonder pyn en smart As ek myself weer kan stroop van die wêreld se mag AS EK familie weer kan liefhê en met vriende lag As ek saans weer kan slaap sonder spoke in my kop As ek kan nee se vir ‘n lyn of ‘n stywe dop As ek die laaste paar stukkies van my siel kan kry, Verlos van die wereld en my hart is vry CHORUS (Jak de Preister Harmoniseer saam): Los my vanaand, (Los my) Hierdie wereld vol van haat is nie vir my Los my vanaand, (Los my) Hierdie wereld vol van haat is nie vir my Is nie vir my.