Coenie De Villiers - Solo lyrics

Published

0 174 0

Coenie De Villiers - Solo lyrics

Aan die einde van my dae sing ek 'n laaste melodie gestroop en sonder strykers ontdaan van harmonie; Selfs die ou bekende klawers van die klavier moet ek ontbeer daar's net Een wat na my luister, wat my kan hoor - en dis my Heer (koor) Want die mens bedink 'n tjello laat die viool se snare tril maar instrumente gaan verlore en word uiteindelik tog stil Ja, die stemvurk van die siel wat deur die hart se snare sing het slegs 'n solo melodie wat aan Sy voete hulde bring Weg is die beligting die applous van 'n gehoor Daar is hier geen dirigent nie - die libretto reeds verloor; Die donker ouditorium het sitplek slegs vir Een: op die verhoog 'n enkel kollig waar ek optree vir Sy seën (koor) Om 'n laaste lied te sing voor die gordyn vir oulaas val om te weet die musikante en instrumente het verval; om uiteindelik te luister hoe jy werklik vir Hom klink is om te weet waar jy tekort skiet - wat die Meester werklik dink (koor)