Coenie De Villiers - Vir Jou lyrics

Published

0 184 0

Coenie De Villiers - Vir Jou lyrics

Vir jou wil ek 'n huis hê 'n huis met 'n leiklipvloer; 'n witgekalkte skoorsteen wat deur die rietdak loer; 'n okkerneuthout-onderdeur wat kreun aan die skarnier 'n donskombers om in te beur, 'n kaggel en 'n vuur (koor) Die dae is droef soos druiwe jou naam is soet soos mos Die herfs is in die wingerd die son in elke tros; Die winters hier is wondbaar as die jaar se hitte kwyn, die seisoen word oud en waardig; wat mos was, word nou wyn Vir jou wil ek 'n bos hê waar jy dennenaalde ruik; reën wat oor die berg kom, wat timmer teen die luik en by die hek 'n bloekom met sy takke in die wind; hier in die koper-ledekant jou warm bruinoog-kind (koor) Al maak ek hierdie versie eenvoudig, lief, soos nou; die wens bly tog maar net 'n wens - die werklikheid verbrou (koor)