Coenie De Villiers - Die Geur Van Gom lyrics

Published

0 151 0

Coenie De Villiers - Die Geur Van Gom lyrics

Ja, ek was skaars 'n jaar of tien toe't ek my eie brood verdien; op 'n straathoek met my kinnerlyf het ek die ou beroep bedryf Bedags is ek oor geld verleë vir 'n aalmoes uit jou BMW maar snags as ek my flikkers gooi is jy die jagter, ék die prooi. (koor) Dissie myne nie dissie joune ie dis 'n anner vrou se man wat jy na vry (x2) Wat traak dit mense waar ek slaap; dis oral koud in die winterkaap. So kom ek om, so kom ek om van Kaapse reën en die geur van gom My antie woon op Mitchell's Plein met 'n man sonder naam en 'n kan vol wyn ek slaap soms op die huis se vloer en droom van 'n ma wat melkkos roer. My pa se naam is onbekend sy kind is nou 'n boy for rent wat leef op coke en halwe brood; teen twintig moontlik lankal dood (koor)