Coenie De Villiers - Die Houtgeweer lyrics

Published

0 174 0

Coenie De Villiers - Die Houtgeweer lyrics

Die houtgeweer is dom en die houtgeweer skiet krom, maar die houtgeweer word profeet, meneer oor die oorloë wat nog kom Al word die kinders vaak skiet die houtgeweer steeds raak en die houtgeweer se skynverweer sal soldate van hul maak (koor) Om te sterf is pynloos, snel as die houtgeweer jou fel waar die sneller knal en die vyand val word die dood 'n skaduspel Om te weifel is fataal dis 'n roer wat selde faal- wat só sekuur deur 'n houtmik vuur laat die vyand duur betaal Voor die teiken kan verdwyn, die verbeelding dalkies kwyn het die skoot getref en die kind besef hy's soldaat, al is hy klein (koor) En so word die gereg deur due houtgeweer besleg, deur die speelvisier word die dood gevier: wat verkeerd was, word nou reg (herhaal vers 1)