Daars ʼn kantgordyn van skeiding
tussen jou en my.
ʼn Simbool van sameleiding
met die stormgety
Jou grysskaapsiel
probeer daarvan vergeet
Jy was jou hand in onskuld,
maar jy weet dit was verkeerd.
Pla dit vir jou
want dit pla vir my.
Is daar nog hoop
vir mense, mense soos jy?
Die nag skrik jou wakker,
want daar's geen uitkomkans
En jou landsvlag die wapper
maar jou duiwels die dans
Jy stik met doringdraad
aan die skeur in jou gemoed
vergeefs wil jy tog altyd
jou bitterheid nog voed.
Idioot skarrel rond
om sy dorsland te les
nog ʼn pa**asier
op die Judas, Judas Express
Kan jy uithou deur die donker
as jy skaamteloos verdwaal
Maak dit saak as die wat toekyk
Jou nooit sou wou kom haal?
Jy steur jou nie aan rumours,
Die geklets van die jaloerses
Hulle kon nog nooit
Jou dapper gees verwoes het.
Al staan ek alleen
Ek sal uitstaan bo almal
Al staan ek alleen
Ek sal uitstaan as ek voor jou staan