Ek was gevind maar verlore Ek was al hier van tevore En dit speel weer voor my af En ek weet hoe dit gaan eindig vanaand Jy kan maar weet daar’s geen woorde Al die praat is nou verbode Hou my vas en trek my nader Eerder nou as bietjie later vanaand Is dit die volmaan wat my so onkant vang Is dit die stille nag wat soos soene val Gaan ons maar eerder lê Ek wil saam met jou onder die sterre lê Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand Gaan ons maar eerder lê Ek wil saam met jou onder die sterre lê Dit verskyn uit die nêrens Dis nou dit kom van êrens Dis ‘n wete met verskil Dis ‘n wil‐jou‐nooit‐weer‐los‐nie gevoel Is dit die volmaan wat my so onkant vang
Is dit die stille nag wat soos soene val Gaan ons maar eerder lê Ek wil saam met jou onder die sterre lê Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand Gaan ons maar eerder lê Ek wil saam met jou onder die sterre lê En dit maak nie regtig sin nie Weet nie waarom te begin hoe ek voel oor jou Is ons liefde net ´n oomblik wat sal ophou in ´n oogwink as ek praat met jou Is dit die volmaan wat my so onkant vang Is dit die stille nag wat soos soene val Gaan ons maar eerder lê Ek wil saam met jou onder die sterre lê Is dit die aanhou hoop wat so om ons loop Is dit die stad se raas wat ons mis vanaand Gaan ons maar eerder lê Ek wil saam met jou onder die sterre lê