Oorstuur en belaai wyk ons uit
Na die lafenis van naweekpaleise
Tuis waak 'n spreiligalarm
Hou 'n oog oor ons weerlose huise
Refrein:
Die verligting van ontvlugting
Is swaar bekom
En om dit te benut
Bly bevele maar stom
Buig ons reëls en regulasies
So ver soos hul strek
Maar as ons huiswaarts keer
Ken elkeen weer sy plek
Haar ereposisie is stewig geset
Reisvaardig gevestig op die agtersitplek
Skynbaar oorbodig maar tog integraal
Meraai se bystand is 'n uitspanverhaal
Op luilekker rusdae word sy onbewus
Die onmisbare hoeksteen waarop voortbestaan rus
Gee ons 'n blaaskans om krag te herwin
Gereedskap vir besluite as die nuwe week begin
Belas met die voogdskap van drooghou tot tug
Met haar spyskaart besluite wat diëte ontwrig
Is sy altyd byderhand om rond te skarrel
Met moerkoffie en beskuit weer die kamer in te warrel
Refrein
Tuis kom die leisels weer in eie hande
En verbreek ons die gemoedelike naweekbande
Want fieterjasies van die grootstad se gewoontes slaap swaar
En die bewys van ons baa**kap word ten koste bewaar
Refrein