As my wrak tog kan loop
En die pad is oop
En die lewe lê alkant te koop
En ek't ‘n rand of tien
En wie weet miskien
Nog ‘n paar hier of daar
Wie weet waar
Dan vat ek die pad
Na die bose ou stad
Want hy's grys en wys
En hy's gou
En die naald bly dwaal
Net so regs van nul
Want ek maak net soos ek wil
Ek't ‘n jaar lank gewerk
As ‘n derde klerk
Dis weer tyd om ‘n iets te geniet
Want ‘n week se swoeg
Maak my moedeloos moeg
En die tjek sê ook
Als is verniet
Toe breek ek maar weg
Want die wêreld is reg
En ek's eindelik klaar met die spul
En die naald bly dwaal
Net so regs van nul
En ek maak net soos ek wil
Daar's ‘n ietsie te sê vir
Min rykdom hê
Want ‘n rand is soms soos ‘n fortuin
As die wiele rol en die tenk is vol
Word die sorge agter jou klein
Die vryheid is soet
Die trap met jou voet
En die enjin word dromerig stil
Want die naald bly dwaal
Net so regs van nul
En jy maak net soos jy wil
En jy maak net soos jy wil