Ek het ver gery op 'n nuwe pad vir die eerste keer
- êrens in die Groot Karoo
Dit was die langste tyd van byna niks,
Maar die kortste pad na waar ek wou wees -
Ek het verlang na die see
Dit was 'n groot verdwaal op 'n reguit pad
Ek het Noord en Suid in die veld verlê
Maar na 'n prentjie op 'n plaaspad,
Was ek seker ek ruik die reën
Ek het 'n boer sien dans in die Karoo
Met sy hoed in die hand – dakloos in die water van bo
Ek het 'n boer sien dans in die Karoo
Hy sê "ons dit noem dit hier Genadewater, meisiekind,
Hierdie reën – hierdie water bly 'n seën"
Ek het stilgestaan op 'n nuwe plek vir die eerste keer
-êrens in die Groot Karoo
Dit was die mooiste plek van byna niks
Op 'n plaas – met die naam Berlin
Toe die hemel die aarde seën
Dit was soos huis toe kom op 'n reguit pad
Ek en 'n vreemdeling met die hoed in die hand
'n prentjie op 'n plaaspad
- die stof, die dans en die reën