Begin somer en die see 'n Oopgebreekte kweper Die lug soos 'n kind Se ballon Ver bo die water Onder die sambrele Soos gestreepte lekkergoed Miere van mense En die gul lag van die baai
Het goue tande Kind met die geel emmertjie En die vergete vlegsel Jou mond is sekerlik 'n klokkie Kleintongetjie klepeltjie Jy bespeel die son daglank Soos 'n ukelele