'n Skip vaar op uit tafelbaai
Die sewe seë tegemoet
Wie bly agter op die kaai
Wat saamgekom het om te groet
(en wie bly agter op die kaai)
En wie staan op die dek en waai
Refrein:
O skip wat in die nag verdwyn
Stuur al my liefde vir Berlyn
En Lissabon en Boekarest
En sê ook groete vir Triëst
O ek onthou weer ek onthou
Die Swartwoud en die Blou Donau
'n Klein hotel in Badenfest
En dan is daar Triëst
My hart is altyd elders
Wie weet waarnatoe toe op pad
Van die een plek na die ander
Oor Moembaai en Islamabad
(van die een plek na die ander)
Soos na Sivilla en Santander
Refrein
Tussenspel
Ek wonder hoeveel treine
Van Napels af tot in Milaan
Het ons doelbewus verpas
En op ons spore trug gegaan
(en op ons spore trug gegaan)
Na al die plekke waar ons was
Refrein
Valencia, Boekarest
En dan is daar Triëst
Badenfest, Carcasonne
En dan is daar Triëst
Moembaai, Lissabon
En dan is daar Triëst