Die liefde is 'n rooi gedig in versreël en kwatryn
Wat jou met gawe oë sien in woorde sag en fyn
Die liefde is 'n spierwit duif met bloeisel in die mond
Wat met sy koms die boodskap bring:
Die liefde maak gesond
Die liefde lê in sagte woorde
Wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde lê in sagte soene, wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelieblom
Jaar in en jaar uit bloei
Die liefde is 'n môrester, blink op die horison
Wat sê met ryke majesteit: Ek het vir jou gekom
Die liefde is 'n leë graf, 'n brokkie brood en wyn
Die liefde is 'n wegkruipplek
Teen hartseer en teen pyn
Die liefde lê in sagte woorde
Wat oor my gees kom streel
En in die droë maande my hart tot hoop beveel
Die liefde lê in sagte soene, wat met die jare groei
En soos die Kaapse lelieblom
Jaar in en jaar uit bloei
Die liefde lê, die liefde lê, die liefde lê
Hier tussen ons