Ek sing vanaand van die diep blou see Nie soseer van die liefde nie Maar my hart is wel in twee geskeur Dis nog ‘n bietjie rou, nog ‘n bietjie seer Ek het gesê ek sal verstaan As jy eendag weg moet gaan Seil nou terug oor die diep blou see Sê jy sal nie weer weggaan nie En al my sorge groot en klein Sal net sommerso verdwyn Is daar niks meer tussen ons twee nie Behalwe die eindelose see?
Ek sien ‘n lig maar dis baie ver Dalk is dit maar net ‘n ster Dalk het die einde al gekom Draai die aarde nog om die son? Jy't vir my laat verstaan Dat jy eendag weg moet gaan As jy nou net weer terug kon kom As jy net wou as jy net kon En al my sorge groot en klein Sal net sommerso verdwyn Is daar niks meer tussen ons twee nie Behalwe die eindelose see?