Soos middernagstiltes
En lomerige winde en nog baie meer
Soos 'n aand met helder sterre
En die soet geur van blomme
So voel ek oor jou
Maar verskoon my tog as ek droogmaak
En jy my nie mooi verstaan nie
Want met 'n vriend soos jy
Maak dit tog regtig nie saak nie
Soos 'n dop met baie ys in
James Phillips in die basement
En nog baie meer
Soos wêreldbekerrugby
En Baywatch op die tv
So voel ek oor jou
Maar verskoon my tog as ek droogmaak
En jy my nie mooi verstaan nie
Want met 'n vriend soos jy
Maak dit tog regtig nie saak nie
Soos middernagstiltes
En lomerige winde en nog baie meer
Soos 'n aand met helder sterre
En die soet geur van blomme
So voel ek oor jou
Soos 'n dop met baie ys in
James Phillips in die basement
En nog baie meer
Soos wêreldbekerrugby
My soapies op die tv
So voel ek oor jou
Maar verskoon my tog as ek droogmaak
En jy my nie mooi verstaan nie
Want met 'n vriend soos jy
Maak dit tog regtig nie saak nie
Ons is anders maar tog dieselfde
Ek is ek en jy is my beter helfte
Ons was miskien een in 'n vorige lewe
Maar nou is dit om't ewe
Die helfte of dieselfde
... maak nie rêrig saak nie... middernagstiltes...
... maak nie rêrig saak nie... 'n aand met helder sterre
... maak nie rêrig saak nie... so voel ek oor jou
... maak nie rêrig saak nie