Madame sit in Die Grenswag 'n Manskap teen haar bors
Sy koester sy vermoeidheid,
Sy nadrup en sy dors
Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
En kyk na jong kanonvoer
Wat saamdrom by die oog
Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
En kyk na jong kanonvoer
Wat saamdrom by die oog
Madame, versot op jong bloed
Vergeet skoon van haar ou
Want jonk of oud sterf eenders
Die slagveld is hul vrou
Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
En kyk na jong kanonvoer
Wat saamdrom by die oog
Madame grens oor die wete
Haar hulpdiens is beperk
Want of hul bruin of wit is
Hul dra die Kaïnsmerk
Die lewe is 'n grenshotel 'n Volkebont, 'n bont bestel
Bestel jou chips en drink jou gaar
Jou toekoms is gerekenaar
Madame bestel 'n High Ball
(dit hou die vleesdrif hoog)
En kyk na jong kanonvoer
Wat saamdrom by die oog
En drank en nag bring kennis
En almal haal die grens
Die grens erken geen grense
Alleen die hart se wens