Sy stap deur die bos Deur die enkelvoetpad Sy stap deur die bos Deur die eensame dag Die stilte wat roep soos die mens se verlange Die mens se verlange Alleen met slentergang Katriena, Katriena, Katriena Katryn Is lief vir haar lewe En lief vir haar wyn En lief vir haar wyn Sy deel in haar pad Met die h**nmonster Sy voel hoe sy asem In haar ore fluister Sy sien Sy versteen As die lewe wyk As die lewe wyk Na die ewigheid Katriena, Katriena, Katriena Katryn Wees lief vir jou lewe Wees lief vir jou wyn Wees lief vir jou wyn
Sy voel hoe 'n rilling In haar rug afwriemel Sy sien hoe die engel Van die dood vir haar staar Die stilte word warm Die lewe word donker Die wereld word donker As sy dood neer slaan Katriena, Katriena, Katriena, Katriena Katryn Was lief vir haar lewe Was lief vir haar wyn Was lief vir haar wyn Katriena h**na Katriena amfetamina Katriena kokaina Katriena Liefde het 'n lettergreep Katriena Katriena Katryn Was lief vir haar lewe En bietjie vir my Katriena Katriena Katryn Was te opgevang In haar sadness en pyn