My geld is klaar En die rand is laag En AIDS is 'n virus AIDS is 'n plaag En dit maak nie,dit maak nie regtig saak nie Jy's lief vir die party En lief vir die jol Maar die kerk is leeg En die tronke vol En dit maak nie, maak nie regtig saak nie Dit maak nie regtig saak nie Die katte miaau En die honde blaf En die kinders Brand hulle skole af Dit maak nie,maak nie regtig saak nie Hy's gatvol vir sy boerebarok Nou dra hy lipstick En hy dra 'n rok En dit maak nie,maak nie regtig saak nie Dit maak nie regtig saak nie Maak nie regtig saak nie Die shows op TV is uiters swak Ja, die shows op TV is nogal...
Kan niemand iets nuuts konsepsualiseer nie Wil iemand nie net a**eblief probeer nie Die shows op TV is almal dieselfde Wat het geword van my kinderdae helde Het ek die mentaliteit van 'n blomkool? Net soos my onderwysers van hoërskool? Dit maak nie regtig saak nie Twee kitare en 'n bosveldvuur wat brand Hou my lief vir hierdie lewe Hou my lief vir hierdie land Goeie vriende, vriende aan jou kant Help jou steier teen die wind Teen die bloed en teen die sand En dit maak nie regtig saak nie Jy is cheap En petrol duur Daar's sestig minute In elke uur Dit maak nie regtig saak nie