As die nag sy baadjie toeknoop oor die veld en die diereriem sy blink tot teen die skerpioen laat lê; as die tweeling en die kreef kotteljons oor Beaufort-Wes en die maan sy beker skink oor Graaff-Reinet Ruik jy katbos en kambro as dit reën in die Kleinkaroo My hantamwind My optelkind vanaand Ruik jy katbos en kambro as dit reën in die Kleinkaroo My hantamwind My optelkind vanaand, hier vanaand In die môre as dit blou word en die amber wolke roer as die son sy eerste lig oor die bitterboela stoot; as die trein by Noupoort fluit
en dit wegraak in die wind en 'n tolbos iewers vaswaai teen die rant Ruik jy katbos en kambro as dit reën in die Kleinkaroo My hantamwind My optelkind vanaand Ruik jy katbos en ruik jy kambro as dit reën in die Kleinkaroo My hantamwind My optelkind vanaand, hier vanaand Ruik jy katbos en ruik jy kambro as dit reën in die Kleinkaroo My hantamwind My optelkind vanaand Ruik jy katbos en ruik jy kambro as dit reën in die Kleinkaroo My hantamwind My optelkind vanaand, by my vanaand