Donker nag, dit is al wat jy kan sien
Voor jou oë is daar net niks
Dis 'n nag kombers
Jy moet wag, daar is meer as wat jy sien
Soveel meer as wat jy weet
Is hier rondom jou
Dis my sterreveld se liefde serenade
Soos diamante bo die donker
Met liggies wat daar skyn
Dis my sterreveld se liefde serenade
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my
So kyk nou op en sê my wat jy sien
As die sterreveld se serenade jou naam nou roep
Ek sal jou dra soos vlerke teen die wind
Sal ons sweef en kan ons trug kyk
En kan ons liefde vind
Dis my sterreveld se liefde serenade
Soos diamante bo die donker
Met liggies wat daar skyn
Dis my sterreveld se liefde serenade
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my
Bo die hartseer wat jou glimlag soms kom steel
Sal die eenvoud van my serenade jou hart se vlerke streel
Dis my sterreveld se liefde serenade
Soos diamante bo die donker
Met liggies wat daar skyn
Dis my sterreveld se liefde serenade
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my
Oohooo...
Soos 'n kampvuur se vlamme
Brand die liefde binne my