Gee my 'n bietjie van jou om vanaand in my koffer te pak
Gee my jou glimlag, ek hou jou styf in my sak
Gee my 'n woord uit my mond, waarmee ek 'n lied vir jou kan sing
Want ek gee jou dit als 'n honderd keer, vir elke soen gee ek nog een meer
Wag net hier vir my, want ek kom terug, om by jou te bly
En ek bring 'n duisend soene, net vir jou, om vir altyd en ewig by jou te hou
Tot ons weer ontmoet, tot ek jou weer groet, los ek al my soene vir jou
Ons is eenkeer jonk, kan net eenkeer lewe, om eendag als te onthou
Ek gee vanaand my liefde, my hart, en 'n duisend soene vir jou
Gee my jou hande om my vas te hou in 'n donker nag
Die kyk in jou oë, wat die kind in my kan laat lag
Al staan jy hier en ek staan daar
Elke oomblik saam kan ons bewaar
Wag net hier vir my, want ek kom terug, om by jou te bly
En ek bring 'n duisend soene, net vir jou, om vir altyd en ewig by jou te hou
Tot ons weer ontmoet, tot ek jou weer groet, los ek al my soene vir jou
Ons is eenkeer jonk, kan net eenkeer lewe, om eendag alles te onthou
Ek gee vanaand my liefde, my hart, en 'n duisend soene vir jou
Instrumenteel
En ek bring 'n duisend soene net vir jou, om vir altyd en ewig by jou te hou
Tot ons weer ontmoet, tot ek jou weer groet, los ek al my soene vir jou
Ons is eenkeer jonk, kan net eenkeer lewe om eendag alles te onthou