Ek leer jou ken
en jou hart word die speelplek
die vlaktes waar ek saam met jou loop
Ek in jou en jy in my
Ek wens ek kon
jou die jare wys
waar ek alleen was en tyd het my gevorm Sonder jou
Ek voel ʼn stukkie leemte in my sy
as ek terug dink aan die tyd
Hoe ook al ek val ek sal nooit kwyn
want my hart het geweet dis jy
Ek is gebou, jy is gebou
en die wêreld binne my is in afwagting oor jou
Kom hardloop deur my woude
kom swem hier in my see
Wees somer oor my berge
want dis hier waar jy regeer
ek in jou en jy in my
Ek leer jou ken
Hoe verkleur jou seisoene
Hoe verander jy die koers waarin ek vaar
Om te bly wag
waarheen ek en jy nog saam sal gaan
Ek in jou en jy in my
As ek terugdink aan die tyd
Hoe ook al ek val ek sou nooit kwyn
Want my hart het geweet dis jy
Ek is gebou, Jy is gebou
en die wêreld binne my is in afwagting oor jou
Kom hardloop deur my woude
Kom swem hier in my see
Wees somer oor my berge
want dis hier waar jy regeer
Ek is gebou
Ek is gebou, Jy is gebou
en die wêreld binne my is in afwagting oor jou
Kom hardloop deur my woude
Kom swem hier in my see
Wees somer oor my berge
want dis hier waar jy regeer
Ek is gebou, Jy is gebou
en die wêreld binne my is in afwagting oor jou
Kom hardloop deur my woude
Kom swem hier in my see
Wees somer oor my berge
want dis hier waar jy regeer
Ek is gebou, Jy is gebou
en die wêreld binne my is in afwagting oor jou
Oohh Oohh