Jy moet staan in jou ry Jy moet jou hare kort sny Jy moet altyd netjies bly-y-y-y Jy moet al die pryse kry Jy moet in 'n huisie bly En trou en kinders kry In jou karretjie ry-y-y-y Stem vir die party Koor: Ek se^ nee dis 'n mors Ek se^ nee dis 'n mors ja Ek se^ nee dis 'n mo-o-o-ors 'n Mors van energie Betaal jou paaiemente Selfs al kak jy weens die rente Wees versigtig wat jy doe-oe-oe-oen Of jy verloor jou pensioen
Koor: O, moenie vrae vra Oor die dinge wat jou pla Jy moet leer om stil te bly Jy sal 'n goue horlosie kry Jou vinger word geskok Jy word lieflik opgemoer Koor: Kom ons probeer anargie Ons is moeg vir apatie Ons probeer anargie-ie-ie-ie Ons soek nuwe energie ja! Energie energie Energie energie Energie energie Hier is te veel apatie X3 Woorde & musiek - Johannes Kerkorrel