Jy mag jouself dalk vind
In die middel van die dag op ’n parkiebank sit
En dan dink jy
Hoe bekostig hierdie mense hierdie europese karre en paleisale toskaanse tronke
Jy mag dalk dink
In ’n arm land is rykdom ’n skande, maar
Iemand is altyd ryker as almal anders
En jy mag dalk dink
Wat doen ek
Dat ek in die middel van die dag op ’n parkiebank kan sit?
En dan raak ek bly
Want wat is daar om te doen?
Wie probeer ek beïndruk?
En dan dink ek by myself
Ek gaan nie my hele lewe lank werk om eendag niks te kan doen nie
Ek sal sommer nou begin
Ons doen nooit wat ons sê ons gaan nie, nè?
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons s’n nie
Huis is waar jou mense is
My mense het nie tuisland nie
Wat maak ons nog hier?
Hierdie plek is nie ons s’n nie
Miskien dink jy by jouself
Ek is ’n produk
Ek is ’n bemarkingsveldtog
Ek is ’n kommoditeit
Dis nie hoe ek my kinders wil grootmaak nie
Die middelklas is ’n buffer
En ons moet hier uit
Honger mense bly nie lank honger nie
Die malles het beheer van die malhuis geneem
En hulle kom al hoe nader aan die kluis
In die donker is die blinde een koning
Maghonger koning maak
Maghonger volgelinge
En koning bly nie lank op sy troon nie
Ek lê op die gras en luister lucas maree
Ek vermoed die hart werk soos die weduwee se kruik
Haar hart is seer, want haar man is dood
En ek kan dit op my vingers tel wat vir my belangrik is