As jy vanaand jou oë toe maak
droom jy van beter dae
toe jy nog kon lag vir jouself
ek wens jy wil meer dans, dans dans
net ‘n bietjie in jou kop
Vertel jy nog jou storie
vir die mense wat jou liefhet
kan jy jou smart sluk
soos ‘n dop laat jy my spin
moet ek myself weer omdraai
ek wens jy doen dit meer
Vanaand droom ek van meer as revolusie
illusie van my werklikheid
wat sal ophou draai in my maag
die waarheid het ‘n na-smaak
soos die tyd aanstap
die antwoord is daar buite
Ons almal soek na hoop wat daar buite vir ons wegkruip
Vanaand droom ek van meer as revolusie
illusie van my werklikheid
wat sal ophou draai in my maag
die waarheid het ‘n na-smaak
soos die tyd aanstap
die antwoord is daar buite