Land van groot dors,
ek reis op die swart lyn deur jou hart
wit hartebeeshuisie en 'n eensaam windpomp,
wat windstil lê en wag,
vir storms om lewe te bring
Omhels my met soet reuk van die reën,
'n blitsvloed wat sterk oor my voete vloei.
Karoo blues, voer my lepel in die mond
omhels my 'n laaste keer, voor ek huis to gaan.
Verlate vlaktes wat vir my wink
smeek my om hierdie wind bestaan te staak
verdrink my sorge in jou droë oseaan
omvou my in die eenvoud van sterre, hemel, maan
Omhels my met soet reuk van die reën,
'n blitsvloed wat sterk oor my voete vloei.
Karoo blues, voer my lepel in die mond
omhels my 'n laaste keer, voor ek huis to gaan.