Glaskas - Vas lyrics

Published

0 133 0

Glaskas - Vas lyrics

Ek stry met myself En oorweeg onverwags Sewe dae sonder jou Ek wag sonder vrae Op jou antwoord En stel myself teleur Terwyl ek weet Maar aanhou ontken Ek voel nie meer jou oe op my nie Maar ek asem jou geur steeds in En ek besef die gevaar om jou te begeer Verontagsaam alle logiese verduideliking Want ek weet nie wat hierdie emosie Se naam is nie, ek weet nie! Jy kyk om, so helemal onbewus Van jou skoonheid en ek besef Jy's alreeds so helemal deel van my Binne in hierdie kamer en Binne in hierdie gedagte Maar die deur bly oopgesluit Jy se nie hoe jy voel nie En al wat ek nog kon doen is voel Ek wil my gedagtes vir jou lees En dan skryf ek dit neer En hoop jy verstaan wat ek bedoel Wanneer jy slaap bly ek wakker En skryf jou raaisels uit Waneer jy kaalvoet deur my hart kom loop Sluit jy die deur na my gedagtes oop Jy kyk om, so helemal onbewus Van jou skoonheid en ek besef Jy's alreeds so helemal deel van my Binne in hierdie kamer en Binne in hierdie gedagte Maar die deur bly oopgesluit