Glaskas - Kleurvol lyrics

Published

0 67 0

Glaskas - Kleurvol lyrics

Daars hardship in die township Want die kinders wil nog skool gaan Maar die onderwysers baklei oor politiek En die mense in die stede Wonder waar kom hulle regtig vandaan En almal will graag weet waarheen alles gaan Maar is ek dan nie meer nie As net wit of swart? Jy weet seker teen die tyd Ware kleure lê in die hart Maar soms raak ek moedeloos En heeltemal keelvol Want ek is nie 'n misdadiger nie Ek is, nes jy Kleurvol Ek lees in die koerante En dit voel as of niks verander nie Tog wonder ek al meer waar pas ek in jou boek En tog begin ek al hoe meer te soek Na liefde, regverdigheid en geneesing Want is almal dan nie meer nie As net wit of swart? Jy weet seker teen die tyd Ware kleure lê in die hart Maar soms raak ek moedeloos En heeltemal keelvol Want ek is nie 'n misdadiger nie Ek is, nes jy Kleurvol Want is almal dan nie meer nie As net wit of swart? Jy weet seker teen die tyd Ware kleure lê in die hart Maar soms raak ek moedeloos En heeltemal keelvol Want ek is nie 'n misdadiger nie En ek is nie 'n soldaat nie En ek wil niemand afraak nie Ek is, nes jy Kleurvol