Gert Vlok Nel - Moenie My Hier Vergeet Nie, Dixie lyrics

Published

0 111 0

Gert Vlok Nel - Moenie My Hier Vergeet Nie, Dixie lyrics

Moenie vir my hier vergeet nie (wat het jy gesê? wat het jy gesê?) ek het gesê jy moenie Moenie vir my alleen agterlaat in hierdie land Waar hulle nog hekse verbrand nie Hierdie aaklige aaklige land nie Moenie my hier vergeet niet Dixie, ek weet nie of jy weet nie sonder jou vul Alles wat ek rondom my het my Hart met woordeloosheid & dread al die mense & geboue wat ek Rondom my het al die jare & sukkel & shows wat ek nou Voor my het al die dead end jobs wat ek agter my het Al die blou blou lug wat ek Bo-oor my het & al die dooie geliefdes wat ek Onder my het & veral die leegwordende bed Jy Moenie vir my hier vergeet nie (wat het jy gesê? wat het jy gesê?) ek het gesê jy moenie Moenie vir my alleen agterlaat op hierdie dorp Waar ek grootword het nie Waar niemand meer iets mooi in my sien nie Waar vreemde waiters my bedien nie Monie my hier vergeet nie Dixie, ek weet niet of jy weet niet hoe leeg is die pool-halls Van my jeug pocketed are the balls & die musiek het Gestop in die hartseer dance-halls & die blou cue-chalk het Grys geword in my hand terwyl ek vir 'n oomblik Deur die venster gekyk het na iets buite In die land jy Moenie vir my hier vergeet nie (wat het jy gesê? wat het jy gesê?) ek het gesê jy Moeniemoenie vir my alleen agterlaat op hierdie planeet Waar die Here nie meer van ons weet nie