LYRICS.AZ APPLICATION

Download from Apple Store
Download from Google Play

Francois Van Coke - Klein Prys lyrics

Dit moes êrens begin
Net 'n kans gewaag
Groot drome gerook onder groot bome
Hou op werk vir eers
Vergeet van geld vir nog ses jaar
Niks om te verloor nie
Kon nie meer in hul leuens glo nie
Dronk genoeg om te kan sing

Dis 'n klein prys om te betaal
Om te betaal
Om te betaal

Dit was ons eie wêreld
Saam op vier wiele
Reis die land sonder gesonde verstand
Verloor 'n vuisgeveg
Doodsdreigemente en kansellasies
Niks om te verloor nie
Kan nie meer in hul leuens glo nie
Dronk genoeg om te kan sing

Dis 'n klein prys om te betaal
Om te betaal
Om te betaal
[Lyrics from: https:/lyrics.az/francois-van-coke/hierdie-is-die-lewe/klein-prys.html]

As my reputasie my inhaal
Ek sal betaal
Ek sal betaal
Dis 'n klein prys om te betaal
Om te betaal
Om te betaal

Ons speel nog steeds saam
Na die al die jare
Paar drankprobleme is mos niks tussen vriende
Slagoffer van vryheid
Dis 'n familiereünie
Op die verhoog saam met my vriende
Net bly ek mag nog sing

Dis 'n klein prys om te betaal
Om te betaal
Om te betaal

As my reputasie my inhaal
Ek sal betaal
Ek sal betaal
Dis 'n klein prys om te betaal
Om te betaal
Om te betaal

Correct these Lyrics